St Bride's Church
St Bride's Church is 'n kerk in die City of London. Die huidige gebou in Fleet Street is deur die befaamde argitek Sir Christopher Wren in 1672 ontwerp, maar gedurende 'n reeks Duitse lugaanvalle op Londen in 1940, die sogenamde London Blitz, grotendeels deur 'n brand vernietig. Vanweë sy ligging in Fleet Street word die kerk tradisioneel verbind met die perswese en is daarna verwys as "Joernalistekerk". Dié verbintenis gaan egter verder terug in die geskiedenis.
Read article







